Boodskap vir Vandag

Search

Here, leer my!

Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: “Rabboeni!” Dit beteken leermeester (Johannes 20:16).

Wanneer Jesus in Johannes 20:16 vir Maria Magdalena troos deur haar naam te noem, antwoord sy met die uitroep: “Rabboeni!”

In Hebreeus, so vertel hierdie Skrifgedeelte dan vir ons, beteken dié uitroep “leermeester”.

Maria se reaksie hier is merkwaardig omdat sy een van min was wat Jesus so genoem het. Jesus is meer dikwels as “Meneer” aangespreek (Markus 12:19), of as “Rabbi” (14:45). In Markus 8 bely Petrus selfs dat Jesus die langverwagte “Christus” is, terwyl ʼn heidense offisier by die kruis uitroep dat Jesus “die Seun van God” is (15:39).

Maria noem Jesus egter Leermeester. Hierdeur gee sy in haar uur van broosheid en verwarring te kenne dat sy weer, soos in die verlede, by Hom wil leer; dat sy wil hê Hy moet haar onderrig oor die pad vorentoe.

Vir die gelowige sit daar in hierdie bykans onskuldige aanspreekvorm ʼn groot uitdaging. En dit is om, soos Maria Magdalena, ons oë en ore oop te hou vir die lesse wat opgesluit lê in ons oomblikke van teleurstelling en verlies, van pyn en lyding. Ja, om in sulke tye ook te bid of uit te roep: “Rabboeni!” met die bedoeling: “Here, leer my.”

Tereg merk iemand onlangs op: “Ons bloei nie verniet nie. Ons pyn kan ʼn leerskool word, selfs ʼn nuwe roeping inhou.”

Presies soos met Maria Magdalena gebeur het.

Here, leer ons vandag hoe daar uit ons pyn en verlies ʼn nuwe roeping gebore kan word. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed