Boodskap vir Vandag

Search

Hier bloei God se liefde

Daar kom toe ‘n stem uit die wolk wat sê: “Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom” (Lukas 9:35).

As dit is soos die geestelike, Jorg Zink, skryf dat kennis van God se liefde die belangrikste vorm van kennis is, bly die belangrike vraag: Hoe bekom ons dié soort kennis? Waar gaan soek jy dit?

Miskien kan ons teks vir die week, te wete Lukas 9:28-36 wat handel oor Jesus se verheerliking op die berg, ons hierin help.

U sal saamstem, dit bly ‘n eienaardige, bonatuurlike en geheimnisvolle soort verhaal. Wat dit dan ook is.

Want hier word dit skielik glashelder dat Jesus méér is as net ‘n gewone sterfling-mens, dat Hy in die ligglans van God se teenwoordigheid leef. Ja, méér nog, dat die heerlikheid van God, God se unieke andersheid, ja, sy troue liefde, vir mense in Hom sigbaar geword het (Luk 9:29).

Die bergtop-episode word uiteindelik ‘n massiewe bevestiging van Jesus se identiteit as die Seun van God (Luk 9:35). Ook ‘n voorbereiding vir die moeilike kruisweg wat voorlê (Luk 9:21-25) – ‘n weg waarop die bloeiende hart van God, sy diepe liefde vir mense op ‘n skreiende, maar ook diep ontroerende manier, sigbaar sou word.

Wie God se liefde wil ken en ervaar, moet deel word van die Christusverhaal.

Moet na Hom luister – ook bereid wees om sy weg te gaan.

O Here, dankie vir Christus. Dankie dat U deur Hom vir ons wys hoe lief U mense het. Help ons om na Hom te bly luister. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed