Boodskap vir Vandag

Search

Hier is ek, Here

Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop! – Handelinge 3:6 (1933/1953-vertaling).

Ek lees van Frances Ridley Havergal, ’n merkwaardige vrou wat in die 19de eeu gelewe het. Sy kon reeds op vierjarige ouderdom lees en skryf. Daarby was sy ses tale magtig, waaronder Grieks en Hebreeus, en het die eerste 19de-eeuse vroueskrywer geword wie se boeke die miljoenkerf oorskry het.

Frances Havergal het ook met haar ander talente gewoeker. Sommige Christelike liedere wat sy geskryf het, word steeds oor die hele wêreld gesing. Een van hierdie liedere, “Neem my lewe, laat dit Heer, U gewy wees meer en meer”, getuig van haar kinderlike geloof en haar oorgawe en toewyding aan die Here.

Die versreël “Neem my goud en silwer, Heer – niks noem ek my eie meer” het sy prakties toegepas toe sy haar hele juwelekis aan ’n sendinginstituut geskenk het om te verkoop ter stywing van hul fondse. Sy skryf aan ’n vriend: “Ek dink nie ek het al ooit goed met soveel vreugde gepak nie.”

Frances Havergal het alles gehad wat haar hart begeer het, en tog het sy dit prysgegee in haar navolging van Christus. Ons lewe dikwels onder die wanindruk dat ons die dinge moet najaag wat deur mense van groot waarde geskat word.

Petrus het verby die kreupele se behoefte aan geld gekyk en sy eintlike nood raakgesien: sy honger na verlossing. Hy het besef dat dít die goud en silwer is waarna hy smag.

Here, skenk my die ware goud en silwer, die kosbaarste wat U het, Jesus Christus. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed