Boodskap vir Vandag

Search

Hier is liefde

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê (1 Johannes 4:9).

In ‘n vorige boodskap het ons gehoor dat die gebrek aan liefde die groot siekte van ons dag is.

Trouens, dit is ‘n siekte of kwaal wat veel erger en skadeliker is as enige ander bekende fisiese gebrek of siekte. Want dit verlam mense nie net uiterlik nie, maar laat hulle ook innerlik kwyn. Sodat die lewe sy glans en sin verloor en die fisiese dood vir sommige selfs ‘n uitkoms bied.

Die groot vraag is natuurlik waar die liefde wat lewe en sin kan gee, te vinde is. En belangriker nog: Hoe kan dit deel word van ons lewe?

Vir die Christen-gelowige was hieroor altyd min twyfel. In die persoon van Jesus, ja, in sy lewe en sterwe – so bely ons tot vandag toe– sien ons die egte liefde, sien ons hoe wyd en ver en diep die liefde van God vir mense strek. Dat dit selfs die mees verstote, eensame en veragtelike enkeling kan bereik.

In Jesus, so sing die sanger Robin Mark in sy bekende lied “Here is love”, sien ons hoe die fontein van God se liefde teenoor alle mense oopbreek, hoe dit soos ‘n groot, magtige rivier, ‘n watervloed van goedheid en genade elke dag onophoudelik en op vele maniere na ons toe kom en oor ons spoel.

Aangrypend sing Mark in dié verband: “On the mount of crucifixion, fountains opened deep en wide. Through the floodgates of God’s mercy flowed a vast and gracious tide. Who his love will not remember, who can cease to sing his praise. He can never be forgotten throughout heaven’s eternal days. Grace and love, like mighty rivers, poured incessant from above. And heaven’s peace and perfect justice, kissed a quilty world in love.”

Die groot vraag is of ons dit regtig glo? En belangriker nog: Is ons bereid om ons deur hierdie vloedgolf van God se liefde te laat meevoer?

Here, dankie vir die fontein van u liefde wat in Christus vir ons oopgaan. Help ons vandag weer om met vrymoedigheid daaruit te drink.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed