Boodskap vir Vandag

Search

Hiervan wil Jesus ons bewaar

Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys (Lukas 9:55).

Wie aan Jesus dink, sien gewoonlik ‘n sagte persoon met onuitputlike geduld en empatie – iemand wat altyd met groot liefde na almal uitgereik het.

Tog – en daarvan vertel die Bybel ons óók – kon Jesus by geleentheid, veral wanneer God se eer op die spel was, met ‘n bepaalde krasheid en ongeduld optree.

Hierdie ongeduld het nie net ten opsigte van die Fariseërs se huigelary gegeld nie (Matt 23). Ook die dissipels moes dit by tye ontgeld. So hoor ons in Lukas 9:55 hoe Jesus twee van sy dissipels, Jakobus en Johannes, skerp tereggewys het.

In sy kommentaar oor die gedeelte wys die Duitse geleerde, Wilhelm Stählin, insiggewend daarop dat Jesus se ongeduld hier nie negatief bedoel was nie. Inteendeel, daarmee wou Jesus hulle bly herinner aan hulle ware roeping. Wou Hy hulle deur sy strenge vermaning dáárheen terugbring.

Dit was dat hulle te alle tye – ook wanneer hulle vanweë onreg en verwerping (Luk 9:53) diep gefrustreerd en kwaad gevoel het – steeds waardige draers van sy helende en versorgende liefde moes bly. En dus waaksaam en wakker moes wees om nie in een driftige oomblik hulle opdrag as kinders van God te vergeet nie.

Want dit kan gebeur dat jy in die hitte van die oomblik iets sê of doen waarmee jy nie net ander kwets of te na kom nie, maar ook die Gees van God bedroef. Selfs God se droom vir jou lewe op dié manier vernietig.

En daarvan wou Jesus hulle destyds – en ook vir ons vandag – deur sy strenge vermaning bewaar.

O Here, praat weer vandag met ons deur u Woord. Al is dit om ons te vermaan en terug te bring na dit waarvoor U ons geskape het. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed