Boodskap vir Vandag

Search

Hiervoor moet ons dankbaar bly

Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here aan jou en jou huisgenote gee … (Deuteronomium 26:11).

Daar is tans baie frustrasie, woede en selfs bitterheid onder die mense van ons land. Veral dié wat vroeër in beheer was, voel: alles gaan afdraand, tot niet, word vermors.

Ek verstaan dié gevoel – dit spook byna daagliks ook by my.

En tog moet die evangelie – dit is die blye nuus dat die God van Jesus oor ons lewe beskik, ons lei en oor ons lotgevalle waak — ons tog verder as ‘n ewige gesanik en gekla bring.

Soos Israel van ouds, glo ons tog dat God ons tot hier gebring het, ja, dat God, in die woorde van Deuteronomium 26:1-3, ons hier geplant het, ‘n leefplek aan die suidpunt van Afrika gegun het. En selfs al is die plek nie aldag wat ons gedink het dit moet wees nie, al is dit soms só wild en deurmekaar dat ons soos Israel woestynkos moet leer eet — dit is die spreekwoordelike melk en heuning — leef ons tog steeds onder God se belofte dat ons land daarvan sal oorloop.

Heel konkreet beteken dit, in die woorde van Christina Landman, dat daar ten minste altyd kos op die tafel sal wees.

En dáárvoor, tesame met sovele ander goeie dinge en voorregte, soos die skoonheid van ons land, die rykdom van verskeidenheid, ‘n stewige grondwet, vryheid van beweging en spraak, ‘n gerieflike woonplek, goeie vriende, familie, moet ons tog altyd dankbaar bly.

Here, vergewe ons wanneer ons wanneer ons kla. Dit terwyl ons lewe oorlaai is met u goedheid en u seëninge. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed