Boodskap vir Vandag

Search

Hoe luister jy?

“Wie ore het, moet luister!” (Matteus 13:9).

Met die gelykenis van die saaier wou Jesus allereers sy dissipels se onrealistiese verwagting van Hom en hoe Hy God se koninkryk sou laat kom, verander.

Hy herinner hulle dat sy mag dié van ʼn saaier is – iemand wat nie allereers met wapens van geweld of ander magsmiddele lande wil verower of mense wil vernietig nie, maar iemand wat met ʼn brose woord, soos die saad van ʼn saaier, God se beloftes van liefde, vrede en vergifnis in mense se harte wil plant.

Die groot vraag is: Hoe ontvanklik is ons vir dié woord of belofte? Want, en dit hoor ons ook in hierdie gelykenis, daar is baie struikelblokke wat keer dat God se woord in ons lewe kan wortelskiet en vrug dra.

Wie ore het om te hoor – dié wat hulle oopstel vir God se woord en beloftes – ervaar ongekende seën en vryheid. Hulle lewe blom en raak ʼn toonbeeld van vrugbaarheid en vreugde.

Die heel belangrikste vraag bly: Hoe luister jý vandag na Jesus se woorde? En weet jy dat dit jou lewe ten goede kan verander?

O Here, gee ons vandag ore om te luister, en om só toe te laat dat u beloftes ons lewe verander. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.