Boodskap vir Vandag

Search

Hoogmoedige nederige

Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ’n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ’n donkie, op die hingsvul van ’n donkie – Sagaria 9:9.

Die Here verafsku dit net soveel as hoogmoed wanneer iemand voorgee om nederig te wees. Hy sien dwarsdeur hierdie skynnederigheid en verwerp dit.

Soms, wanneer iemand tot ’n leiersposisie verkies word, hoor ons: “Ek staan hier voor u as u nederige dienaar. Dit is nie uit myself dat ek verkies is nie.” Dit duur dikwels net ’n kort rukkie voordat mense besef dat alles vir die nuutaangestelde om eie mag en eer draai.

Hoe weet ons of nederigheid eg of vals is?

Ware nederigheid begin daar waar ons verstaan wie Christus is. Hy, die Koning van die heelal, het Jerusalem op ’n nederige donkie binnegery – nie op ’n fier, blink oorlogsperd nie. Eers wanneer ons by Hom leer wat ware nederigheid is, besef ons dat ons self tot niks in staat is nie.

Martin Luther het geskryf: “God het die wêreld uit niks gemaak. Solank ons niks is, kan Hy iets uit ons maak.”

Nederigheid wys ons daarop dat ons uit onsself niks is. Ons mag nie voorgee dat ons nederig is net om mense se goedgesindheid te wen of komplimente soos: “Ag, maar sy is darem nederig,” te ontlok nie. Dan is ons skynnederig.

Ons hoef nie te maak asof ons iets is óf in die kollig te pronk nie. Dít wat ons in die stilligheid doen, is vir die Here net so belangrik as dít wat die hoofopskrifte haal. En dit is genoeg.

Here, ek wil soos Christus wees. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.