Boodskap vir Vandag

Search

Hoop is mooi

Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar, geregtigheid en vrede kus mekaar. Trou spruit uit die aarde, en geregtigheid kyk uit die hemel neer (Psalm 85:11-12).

Die eerste Sondag van Advent is die Sondag van hoop.

Die psalmlesing vir hierdie Sondag bevat die mooiste personifikasie: “Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar, geregtigheid en vrede kus mekaar. Trou spruit uit die aarde, en geregtigheid kyk uit die hemel neer” (Psalm 85:11-12).

Die Bybelse beloftetaal is altyd so mooi dat ʼn mens dit net wil teken, met helder kleure en duidelike hale. Bybelse hoop is om vas te hou aan die mooie wat God wil, en nie aan die lelike wat ons soms voel ons oorweldig nie.

Dit is hoekom ons ons moet omring met dinge wat mooi is: woorde, gedigte, prente, kleure, blomme, noem maar op. Dit laat ons onthou en dit laat ons verlang.

Hoe mooi klink dié vers in hierdie Engelse vertaling: “Steadfast love and faithfulness will meet; righteousness and peace will kiss each other. Faithfulness will spring up from the ground, and righteousness will look down from the sky” (NRSV).

Dankie vir die hoop waaraan ons in hierdie Adventstyd opnuut kan vashou, Here, omdat goedertierenheid en trou, geregtigheid en vrede mekaar ontmoet en soen. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed