Boodskap vir Vandag

Search

Hoop op God se goedheid

Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra (Klaagliedere 3:25).

Klaagliedere 3:25 in die NRSV lees: “The Lord is good for those who wait for him, to the soul that seeks him.”

Die Here is goed vir dié wat op Hom bly hoop. Dit is mooi woorde, maar miskien moet ons dit nie los van die konteks van Klaagliedere lees nie.

Klaagliedere is gebore uit oorlog en alles wat met oorlog gepaardgaan: hongersnood, geweld, verkragting, moord en hooploosheid. Jy kan maar net die TV op ʼn nuuskanaal inskakel en kyk wat in plekke soos Sirië aan die gebeur is om die volle prentjie te kry.

Tog is dit moeilik vir ons om te bedink; dit is so buite ons omgewing. As niks rondom jou goed is nie, wat is die inhoud van God se goedheid waarop jy hoop? As dit goed gaan, is goed seker meer seëninge en oorvloed. En as daar niks goeds rondom jou is nie, is goedheid dalk die moontlikheid om steeds ʼn môre raak te sien.

Dis soms moeilik om te bly hoop, selfs op U te bly hoop, Here. Help ons om elke dag ʼn môre te sien. U môre. Amen.

Lisel Joubert

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed