Boodskap vir Vandag

Search

Hoor die goeie boodskap

Lees Openbaring 14:6.

Hy het ’n goeie boodskap gehad wat vir ewig van krag bly (v 6).

Kom ons kyk na Openbaring 14:1-13 se belangrikste bakens­. Vers 1 praat van Sionsberg: Dit dien in die Ou Testament as simbool van bewaring en heil (Ps 121-127; Joël 3:5). Ook hoor ons hier van 144 000 mense: Dis die simbool van alle aardse gelowiges (Op 7). Hulle ervaar redding. Alle gelowiges dra God en Jesus se merk. Al God se mense dra sy eienaarsmerk!

Vers 2 wys die hemel en aarde in harmonie. Teenoor aardse eer aan die sataniese dier, is hier hemelse feesvreugde. In die hemel word gesing en feesgevier. Vers 3 vertel van hemelse musiek wat oorspoel aarde toe. Net gelowiges hier op aarde kan daardie hemelse musiek aanleer. Hulle stemme pas sommer nou reeds by dié van die hemelse koor. Vers 4-5 vertel dat gelowiges se heilige lewenswyse as bewys dien van die egtheid van hulle sang!

In vers 6-7 hoor ons van ’n eerste engel wat aankondig dat God se oorwinning vasstaan. Die tweede engel in vers 8 kondig oordeel oor sonde aan, terwyl ’n derde engel ewige straf bring oor dié wat die dier se merk vrywillig aanvaar (v 9-11). Let wel, nou word mense nie meer gedwing, soos in hoofstuk 13, om gemerk te word nie! Hulle willig self in.

Vers 12 het ’n vermaning aan ons as gelowiges: Staan sterk! En vers 13 het asemrowend goeie nuus vir die Here se mense: Vir ons is die dood die ewige triomf! Rus van ons sendingwerk breek binnekort aan.

Here Jesus, dankie vir u teenwoordigheid by u kerk.

Stephan Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed