Boodskap vir Vandag

Search

Hy gee ons nooit prys nie

Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal almal van My afvallig word … Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruit gaan na Galilea toe” (Markus 14:27-28).

Die tekste vir dié week, te wete Markus 14 en 15, voer ons in die herinnering terug na die lydensweg van Jesus – ‘n pad wat eindig met sy teregstelling en sy tragiese dood aan die kruis.

Veral Markus 14 het ‘n interessante en troosvolle patroon.

Aan die een kant val die lig in die hoofstuk toenemend op die dissipels se vrees en ontrou. Eers faal al twaalf om sáám met Hom in Getsemane te waak (Mark 14:32-42). Dan verraai Judas Hom (Mark 14:44-46). En wanneer Jesus gevange geneem word, hardloop die meeste weg (Mark 14:50). Selfs die hardnekkigste volgeling, Petrus, laat Jesus uiteindelik in die steek (Mark 14:66-72).

Maar terwyl dit alles gebeur – en dit is die ander kant van Markus 14 – word Jesus se lojaliteit en trou aan sy dissipels ook toenemend onthul. Die hoogtepunt hiervan is sy laaste maaltyd met hulle wanneer Jesus sy beloftes aan hulle hernu (Mark 14:23-25), en boonop laat blyk: “Ek weet van julle afvalligheid, maar Ek sal terugkeer en in Galilea op julle wag” (Mark 14:27-28).

Hoe troosvol om dít in hierdie donker uur te hoor en vir onsself toe te eien. Terwyl ons, soos die dissipels, Jesus vandag ook op allerlei maniere verraai, verloën en selfs verlaat, bly Hy steeds aan ons vashou, gee Hy ons nooit prys nie.

Nooit nie!

Here, wat ‘n troos dat U ons nooit verlaat of prysgee nie. Daarvoor kan ons U vandag alleen maar loof en dank. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed