Boodskap vir Vandag

Search

Hy het die magte oorwin

Hy is die hoof oor al die bose magte (Kolossense 2:10).

As deel van ‘n meer primitiewe wêreld het die mense van Kolosse met ‘n permanente angs vir allerlei onbekende en donker kosmiese magte rondom hulle geleef.

Om hierdie magte in bedwang en rustig te hou, het hulle gevolglik allerlei rituele beoefen, soos onder andere die Joodse besnydenis, die hou van sekere feesdae asook die nakoming van bepaalde gebruike en voorskrifte.

Laasgenoemde het veral hulle eetgewoontes geraak.

Om egter jou brose en angsvolle lewe dáármee te probeer verskans, was vir Paulus oorbodig. Dit was vir hom selfs ‘n mosie van wantroue in die beloftes van God oor wat God deur Christus reeds vir die mensdom gedoen het.

Meer as eenmaal spel Paulus dit uit dat Christus die hoof oor al die bose magte is (Kol 1:16, 2:9). Hy gaan selfs verder deur te sê dat Christus hierdie magte oorwin en tot openbare skouspel gemaak het (Kol 2:15). Of soos Eugene Peterson dit vertaal: “He stripped all the spiritual tyrants in the universe of their sham authority at the Cross and marched them naked through the streets.”

Sodat ons hierdie magte – watter name of gesigte hulle ook al vandag mag hê – nie langer hoef te vrees nie.

Dus, wat ook al jou vandag pla of angstig maak, weet tog: Christus het dit oorwin. In Hom is jou lewe vir tyd en vir ewigheid geborge.

Dankie Here, dat wanneer die nag van angs en twyfel kom, ja, die nag van lyding en van die bittere dood, U daar is om ons vas te hou. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed