Boodskap vir Vandag

Search

In alle omstandighede tevrede

Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om in alle omstandighede tevrede te wees (Filippense 4:11, Direkte Vertaling).

Om genoeg te hê beteken nie noodwendig jy is vergenoeg of tevrede met jou lewe nie.

Die geskiedenis is vol voorbeelde van mense wat alles besit het, maar steeds leeg en eensaam gevoel het. En dan was daar ander mense wat min besit en swaargekry het, maar tog op ʼn wonderlike manier tevrede met hulle lewe was.

Paulus was so ʼn mens. Ons is verbaas om in Filippense te hoor dat hy in ʼn stadium al sy voorregte en besittings doelbewus prysgegee het (Filippense 3:4-8). En dat hierdie keuse algaande tot ʼn lewe van groot ontbering en swaarkry gelei het (2 Korintiërs 5:7-11; 6:5).

En tog het Paulus nie gekla nie. Nog minder het hy gaan lê. Inteendeel. Paulus het hom in sy swaarkry verbly. Hy het selfs beweer dat hy in hierdie uiterste toestand van ontbering niks kortkom nie. Dat hy in alle omstandighede tevrede is. Dat hy alles besit al het hy niks nie (6:10).

Want, so getuig hy meermale, sy lewe behoort aan Christus (Efesiërs 1:13-14). Selfs te midde van die ergste wat hom kon tref, het Paulus geweet sy lewe was steeds in Christus se liefde toegevou en geborge (Romeine 8:35-39). Dit is die krag wat hom innerlik sterk en tevrede gehou het (Filippense 4:11), selfs al het sy uiterlike lewe gedreig om uitmekaar te val (2 Korintiërs 4:16).

Ek wonder baie dae of ons vandag enigsins iets verstaan van hierdie behoort aan Christus wat ons in alle omstandighede tevrede kan hou.

Here, dankie dat ek aan U behoort en daarom in alle omstandighede tevrede kan wees. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed