Boodskap vir Vandag

Search

In die holte van God se hand

Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand (Psalm 31:15-16).

In die boek Shadow van die bekende skrywer Carel van der Merwe kom die hoofkarakter, Paul du Toit, in ʼn stadium tot hiérdie gevolgtrekking oor sy lewe.

“Ten diepste bly die lewe onvoorspelbaar en onbeheerbaar. Ons is niks meer nie as dryfhout wat rondgespoel word deur ʼn doellose en kwaadwillige krag wat nooit tot rus kom nie.”

Al is hierdie fatalistiese gevoel oor die lewe die ervaring van baie mense – en dit sluit gelowiges in – praat die Bybel tog anders hieroor. Male sonder tal sê die Bybel dat die lewe, ondanks vele tragiese en onverklaarbare dinge, van goeie magte omring bly.

Meer nog, só getuig die Bybel, óns lewe is in goeie hande – in die hande van die God wat, in die woorde van ʼn bekende lied, omgee vir mens, plant en dier. Die God wat ons deur en deur ken (Psalm 139) en wat deur Christus belowe het dat geen haar van ons hoof sal val sonder sy wete nie.

Al kan ons die aard van God se sorgende teenwoordigheid nie altyd peil nie, kan ons daarop vertrou. Ons kan weet ons word nie aan onsself, of aan ander of aan ʼn donker noodlot oorgelaat nie, maar ons bevind ons elke dag, tot aan die einde van ons lewe, in die holte van God se hand.

Inderdaad, ons tye, ons hele lewe, is in God se hand.

Here, dankie dat naas soveel onpeilbare dinge ons één waarheid kan weet: U lei ons en ons is altyd in die veilige holte van u hande. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed