Boodskap vir Vandag

Search

In die ligkring van God se genade

Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here (Psalm 89:16).

Ek het my altyd verbaas oor dié vrou met die rampspoed in haar lewe.

Haar kinders wat met dwelms sukkel. Dan hulle heenkome in Oosterse godsdienste vind ‑ met ‘n verdere vrag eise op die familie. Groeiende spanning, knaende onsekerheid, skrapse finansies. En om alles te kroon, haar eie brose geskiedenis van ernstige siekte.

Wat sy skaars, ná baie behandeling, oorleef.

En tog, áltyd die glimlag. Die positiewe woord. Gegrond in die oortuiging dat haar lewe, ondanks al die onbegryplike dwarsklappe, in die ligkring van God se genade afspeel en ontplooi. En dat daarom geen dag verbygaan waarin sy nie iets leer nie.

Op haar beurt leer sy my wat geloof is. Daardie onverskrokke, hardnekkige vertroue dat God altyd naby ons is. Ons ook elke dag deurskou, vashou en dra.

Sodat geen haar van ons hoof sal val sonder God se medewete nie.

Stuur vandag weer u lig en u waarheid dat dié my lei en voor u aangesig bring, Here. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed