Boodskap vir Vandag

Search

In die sirkel van u sorg

Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon – Psalm 4:9.

Wanneer ons ons kinders met ons gebede omsirkel, val dinge in plek. Ons besorgde vrae oor hul toekoms, hul vriende, hul eksamens, hul lewensmaats kry antwoorde. Ons kan hulle met ’n geruste hart in die beskutting van God se sorg toevou.

Om vir God se guns oor my kind te bid is ’n toekomsgebed. Dit is ’n gebed vir die ewigheid. Altyd nuut. Altyd relevant. Wanneer ons hierdie gebed bid, verander ons lewensuitkyk. Ons kan ons sorge en vreugdes en onsekerhede aan die Vader oorgee. Ons kan rustig slaap in die wete dat God sal sorg.

Die God van die hemel en aarde wéét van my. Ek en Hy het vandag met mekaar gepraat. Hy weet ook van my kinders. Hy ken elkeen van hulle by die naam.

Wanneer ek volledig op God vertrou, maak ek die deur na ware wysheid oop. Dan laat ek Hom toe om my te leer hoe om ’n ouer na sy hart te wees. En wanneer dit gebeur, raak ek en my kinders en my nageslag deelgenote aan God se ewige onverganklike liefde.

Nou kan ek my op sy belofte in Psalm 103:17-18 beroep: “Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte, vir dié wat getrou bly aan sy verbond en sy voorskrifte nakom.”

Here, dankie dat ek óók in die sirkel van u liefde mag vertoef. Dankie vir u beskutting en versorging – vir nou en vir ewig. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed