Boodskap vir Vandag

Search

In ontmoeting met Hom

Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn,
by die see van Tiberias (Johannes 21:1).

Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid (Kolossense 1:27).

Terwyl ons vir die geloof in Jesus se opstanding aangewys is op die sogenaamde Skrifte, die mondelinge en skriftelike getuienisse van die eerste apostels en dissipels, is daar iets belangriks wat bykom.

Dit is die ontmoeting met Jesus self.

Hieroor rapporteer die opstandingsverhale ook heel kwistig. Hoe Jesus ná sy opstanding aan sekere mense verskyn het – hulle gaan opsoek en ingelei het in, ja, selfs teruggelei het na die geloof. Dit is trouens waarheen die verhale en getuienisse oor Jesus se opstanding ons uiteindelik wil neem; dít is wat die geloof uiteindelik opwek en aan die gang hou.

Naamlik dat ons soos die Emmausgangers en vele ander soos Thomas, Petrus, Jakobus en Paulus die lewende Here self sal ontmoet, in blywende gemeenskap met Hom sal leer leef, ja, letterlik in Hom sal bly soos wat Hy self in Johannes 15 versoek het.

Dit is nie om dowe neute nie dat Jesus met sy hemelvaart beloof het dat Hy by ons sal wees tot aan die einde van die dae nie (Matt 28:20). Sy fisiese vertrek, só beloof Hy in Johannes 16:7, maak dit juis moontlik dat Hy ná sy opstanding op ‘n meer intieme manier by ons kan wees, naamlik deur sy woord, en veral deur sy Gees wat in ons woon en werk.

Ook in die sakramente. En natuurlik in die gestalte en nood van die vreemdeling en die arme wat ons daagliks tegemoet tree.

Sodat ons op hierdie aarde nie soos weeskinders hoef te voel nie, maar Hom met groter blydskap kan volg en dien.

Die lewe saam met die opgestane Heer, ja, ín Hom, bly ‘n groot, onpeilbare, maar bevrydende misterie.

Waarskynlik is daar geen groter misterie as dit nie – dat ons lewe, soos Paulus dit stel, saam met die lewende Christus “verborge is in God” (Kol 3:3)!

Dankie, Here, dat U in ons leef en dat ons lewe in U veilig is by God. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed