Boodskap vir Vandag

Search

In verbondenheid aan God

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is (Miga 6:8).

In Miga 6:1-8 – ons teks vir die week – luister ons in op ʼn ontstellende, maar hoogs bevrydende gesprek tussen God en sy volk.

Dié gesprek getuig van jare lange misverstand en vervreemding, en van ʼn worsteling om dit te oorkom.

Aan die een kant wil God weet wat Hy verkeerd gedoen het, waarmee Hy die volk vermoei het. Want dekades lank wou God net één ding doen: om sy volk met liefde te versorg en te lei (Miga 6:3-5). En nou blyk dit die volk het dit nooit só verstaan, erken of waardeer nie.

Daarvan getuig hulle apatiese en onverskillige lewe (Miga 3).

Die volk, weer, kla dat hulle God nie meer verstaan nie, dat hulle nie presies weet wat God van hulle verlang of watter offers hulle moet bring nie (Miga 6:6-7).

Hierop volg dan een van die mooiste tekste in die Bybel – een waarin God kort en kragtig opnuut sy goeie wil vir sy volk, ja, vir alle mense, uitspel: dat ons reg sal laat geskied, liefde en trou sal bewys en bedagsaam voor God sal leef (Miga 6:8).

Kortom, ons word gevra om ons opnuut in stilte en gebed aan God te verbind, om God se wil te leer ken. Want hier, in egte verbondenheid aan God, word al die waardes gebore waardeur ons lewe en die wêreld mensliker kan word.

O Here, U verklaar u liefde en wil vandag weer aan ons. Laat ons tog nie daaraan verby leef nie. Maak ons bedagsaam vir U en vir u wil. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed