Boodskap vir Vandag

Search

Insig

Hy het my ʼn nuwe lied in die mond gelê, ʼn loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou! (Psalm 40:4).

Epifanie is die tyd waarin ons verskyning en lig vier. God het immers tussen ons kom woon. Hy het aan ons verskyn. Nie in ʼn droom nie, maar in die vlees. Ons weet nou hoe God is, want Jesus is God.

Lig het baie betekenisse. Ons sê iemand wat skielik iets verstaan, het “die lig gesien”. In strokiesprentboeke verskyn ʼn gloeilampie bokant ʼn karakter se kop wanneer hy of sy ʼn blink idee kry. Ons sê iemand met “insig” kan diep kyk.

God is met ons elkeen op reis en ons almal se paadjies lyk verskillend. Dit help nie ons vergelyk ons pad met ander sʼn nie. Miskien is geloofsgroei dan momente van insig in die Lig, wanneer ons die Lig sien of beter verstaan. Die Lig wat ons verlig en ons skuld en dwaasheid en blindheid laat wegsmelt en ons laat sing.

Psalm 40 sê God lê ʼn nuwe lied in ons mond – ʼn loflied. Dan kan ons vrede maak met die donker. Wanneer mense ikone skilder, verf hulle altyd van lig na donker. Die donker is die swanger verwagting van die lig wat sal deurbreek. En die lig sal áltyd deurbreek, want eintlik is die donker net lig wat ons nog nie raaksien nie.

Ek vier vandag die verskyning van die Lig uit Lig wat in my lewe verskyn het. En ek sê vir U dankie, Here. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed