Boodskap vir Vandag

Search

Intimiteit vra ook afstand

Jesus sê toe vir haar: “Moet my nie vashou nie …” (Johannes 20:17).

Uit die getuienis van die Evangelies is dit duidelik dat Jesus ʼn besonderse verhouding met Maria Magdalena gehad het.

Eerstens was sy die vrou uit wie Hy in ʼn stadium sewe duiwels gedryf het (Mark 16:9; Luk 8:2).

Hierna sou sy Hom byna slaafs navolg en haar naam duik gereeld in die Evangelies op. Volgens sekere oorlewerings was sy die omstrede vrou wat Jesus se voete in die huis van Simon die Fariseër gesalf het. En die vrou wat, ná Simon se beswaar, deur Jesus in beskerming geneem is (Luk 7:36-50).

Baie beslis was sy die een wat ná Jesus se dood saam met Maria en Salome reukolie gekoop het om sy liggaam te balsem (Mark 16:1). En toe die Sondag aanbreek, was sy eerste by sy graf (Joh 20:1).

Maria Magdalena was inderdaad baie lief vir Jesus, en Hy vir haar. Geen wonder dat Jesus haar ná sy opstanding eerste opgesoek het nie (Mark 16:9; Joh 20:11-18). Tydens dié ontmoeting leer Maria egter ʼn belangrike les – dat egte liefde en intimiteit ook soms ʼn bepaalde afstand vra.

Vandaar Jesus se vermaning: “Moet My nie aanraak nie.” Of, soos die 1983-vertaling dit stel: “Moet My nie vashou nie …” (Joh 20:17).

Want sien, liefde kan soms té besitlik, te veeleisend en selfs te versmorend raak.

Saam met Maria Magdalena moet ons in al ons verhoudinge dit onthou en daarteen waak.

Here, leer ons vandag weer die geheim van liefde wat, terwyl dit vashou, onthou van respekvolle afstand. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed