Boodskap vir Vandag

Search

Jammer

“Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak.”

– 2 Kronieke 7:14

 

Jammer is ’n baie klein woordjie, en een wat maklik uitgespreek kan word. Tog vind so baie mense dit bitter moeilik om hierdie een woord te sê. Dit is asof die woord jammer – wat soveel heling kan bring en verhoudings kan herstel – koppig in ons keel vassteek. Mense verkies om eerder ’n beskuldigende vinger na die ander te wys en hulleself te veronskuldig.

 

Ons almal maak foute. En ons almal kan vinniger daarvan herstel as ons net gereeld die woord jammer sal gebruik waar daar konflik en spanning ontstaan. ’n Harde hart verhinder mense om hierdie eenvoudige woord op die tafel neer te sit en die spanning te verlig. Aan die ander kant kry ons natuurlik ook mense wat koppig weier om ’n opregte jammer te aanvaar en verkies om ’n wrok te dra.

 

Wat verhinder jou om die woord jammer te gebruik, of om iemand anders se opregte jammer te aanvaar? Dink jy dit gaan van jou die verloorder in die oorlog maak? ’n Swakkeling in ander se oë?

 

Die wenner in die Here se boeke is juis die een wat die minste kan wees en met ’n nederige hart en opregte berou kan sê: “Ek is jammer oor wat ek gedoen het.” Net so is die een wat ’n opregte jammer kan aanvaar en kan vergewe ’n vreugde vir die Here.

 

Bruisgebed vir konflik: Here, ek commit my om die woorde “ek is jammer” deel van my woordeskat te maak – tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed