Boodskap vir Vandag

Search

Jesus Christus

Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” – Johannes 14:6.

Richard Rohr skryf: “Jesus Christus is ’n Persoon, maar terselfdertyd ’n Proses. Hy is die Seun van God, maar Hy is ook die Weg. Hy is die Doel, maar ook die Manier om by die Doel uit te kom – deur sy dood aan die kruis.”

“Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, […] maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God” (1 Kor 1:18a, 24).

In ons soeke na wysheid lei al ons paaie op die ou end déúr en na Jesus Christus. Hy is die Bron van ons wysheid en Hy is die Eindpunt daarvan. Hy is die antwoord op al ons vrae. Hy ís Wysheid.

Here, dankie dat U die enigste manier is om by wysheid uit te kom. En dankie dat U Wysheid is. My beperkte verstand kan u wese nie naastenby begryp nie. Die oomblik wanneer ek begin dink dat ek U beter verstaan, besef ek net weer dat U te heilig en luisterryk en almagtig is om in woorde vas te vat. Daarom buig ek in ootmoed voor u troon en roep uit: U is die Weg en die Waarheid en die Lewe. U is die Wysheid – van nou af tot in ewigheid. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed