Boodskap vir Vandag

Search

Jesus maak ontbyt

Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet” (Johannes 21:12).

Johannes 21 was nog altyd vir my een van die fassinerendste oomblikke in die Bybel.

Die opgestane Here Jesus maak vir sy geliefde dissipels ontbyt – brood en vis – en Hy nooi hulle om saam met Hom te eet.

Dit is ook in dié Evangelie dat Jesus hulle voete gewas het. Jesus se gasvryheid en diensbaarheid laat ons ongemaklik voel. Dit is ongehoord– in elk geval vir die Skepper van die hemel en die aarde.

Wat beteken Jesus se ontbyt saam met sy dissipels vir ons? Dit help ons om God se ritme van mag te verstaan. Die gedurige omkeer, omdraai, omgooi van hoe ons dink die lewe werk en hoe God moet wees. Jesus bedien sy dissipels. God bedien ons deur Jesus. Maria het iets daarvan verstaan; daarom het sy so baie olie op Jesus se voete uitgegiet. Spontaan en dienend. Sonder om te veel te tob en te wonder.

Dankie, Here, dat U ons leer hoe die lewe werklik werk. Laat ons dien soos U gekom het om te dien, en nie om gedien te word nie. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed