Boodskap vir Vandag

Search

Jesus se verlange

Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” (Johannes 21:15).

Wie enigsins nog twyfel dat God ‘n persoonlike God is wat intens met mense moeite doen, kan maar net weer die verhaal van Johannes 21:15-19 oor Petrus se merkwaardige herstel gaan lees.

Ja, hoe peil en beskryf ‘n mens die diepte en omvang van emosies in dié toneel?

Aan die een kant Petrus se verborge en broeiende skuld oor sy verloëning van Jesus – iets wat hom waarskynlik dae- en nagtelank moes pla en pynig. En dan die skok en verbasing wanneer Jesus op ‘n dag aan hulle verskyn. En bo-op alles die skaamte en onsekerheid toe Jesus met hom begin praat.

Nêrens anders in die Bybel hoor ons Jesus só intiem en persoonlik praat nie. Tot driemaal die herhalende vraag: “Simon seun van Johannes, het jy my baie lief?” (Joh 21:15, 16, 17).

Party mag hierin ‘n ligte verwyt, selfs ‘n subtiele teregwysing hoor. Vir Petrus was dit sy groot oomblik van bevryding – een waarin hy oorstelp Christus se hand van liefde en vriendskap opnuut kon voel. Ook geweet het: “My vriend het my vergewe en aanvaar!”

Want opgesluit in Jesus se woorde: “Het jy my waarlik lief?” moet ons ook die onuitgesproke verlange van Jesus self hoor: Om Petrus, en mense soos hy, se vriend te wees. Ja, ook deur hulle bemin te word.

Weet jy dat Jesus verlang dat jy ook ‘n hartsvriend vir Hom sal wees?

O Here, soos Petrus staan ons met huiwering voor U wanneer U na ons liefde vra. Ons is so swak, so onbetroubaar! Help ons vandag weer om u liefde en vriendskap te aanvaar en U ook met oorgawe te bemin. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed