Boodskap vir Vandag

Search

Jesus se vriende

“Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het” (Johannes 15:15).

In die Johannesevangelie verras Jesus ons met die metafoor van vriendskap. Ons word nie meer slawe genoem nie, maar sy vriende (15:13-15).

In haar boek Models of God: Theology for an ecological, nuclear age fokus Sally McFague juis op drie metafore vir God, naamlik “mother”, “lover” en “friend”. Vir haar is vriendskap ʼn verhouding waarin daar ʼn keuse is. Dit het niks met ons rol, amp of funksie in die samelewing te doen nie. Die spreekwoord lui tog dat ons nie ons familie kan kies nie, maar wel ons vriende. Eintlik is vriendskap die verhouding in ons lewe wat aan ons die meeste vryheid gee en ons leer van lojaliteit en daar-wees vir mekaar.

Wanneer Jesus ons sy vriende noem, is daar ook ʼn keuse-element. Vriendskap word teenoor slaaf-wees gestel. ʼn Slaaf word gesê wat om te doen; ʼn vriend word genooi en beplan selfs saam. ʼn Slaaf se waarde lê in sy of haar funksies en doeltreffendheid; ʼn vriend se waarde lê in sy of haar menswees. ʼn Slaaf is ʼn besitting; ʼn vriend kan kies om lojaal te bly, en daarom is die keuse soveel waardevoller.

Vriendskap verryk. Daarom is dit betekenisvol dat Jesus Homself ons vriend noem.

Dankie, Jesus, my Here, dat U my vriend is, dat ek met U in ʼn hegte verhouding kan staan. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed