Boodskap vir Vandag

Search

Júís my vrou, júís!

Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesigte toe (Matteus 23:13).

‘n Bekende teologiese professor verwelkom ‘n jonger kollega wat pas aangestel is met ‘n waarskuwing teen die venyn wat soms tussen kollegas kan ontstaan.

Sy vrou wat bystaan merk verbaas op: “Maar julle is dan teoloë!” Waarop haar man veelseggend antwoord: “Júís my vrou, júís!”

Die luimige en ietwat onskuldige storie bevat ‘n belangrike waarheid.

Dit is dat vroomheid of godsdienstige kennis gevaarlik kan wees. Op vele subtiele maniere kan dit die kiem van selfsug en hoogmoed, ook die huigelagtigheid wat by ons almal sit, stimuleer en voed.

Sodat daar geen waarborg is dat vroom mense noodwendig liefdevol of verdraagsaam teenoor ander sal optree nie.

Om die waarheid te sê, die Bybel waarsku meermale teen die gevare van vroomheid – veral die pretensie, hoogmoed, afguns en gees van veroordeling wat dikwels daarin skuilgaan. In die Bybel, soos ons goed weet, was die Skrifgeleerdes en Fariseërs, die sogenaamde kerkmense van daardie tyd, voorbeelde van hierdie eng en onverdraagsame soort vroomheid.

Van almal het Jesus hulle die sterkste veroordeel.

En ons moet versigtig wees om nie dieselfde pad te loop nie. Die selfsugtige ego het die neiging om op talle maniere baie dinge tot sy eie voordeel in te span.

Ook ons vroomheid en godsdienstige kennis.

O Here, bewaar ons vandag weer van daardie vroomheid wat ander veroordeel en afskryf. Gee ons die openheid en verdraagsaamheid van u liefde. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed