Boodskap vir Vandag

Search

Julle moet mekaar liefhê

Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê (1 Johannes 4:11)

Oorlewering het dit dat die evangelis Johannes, ook bekend as die apostel van die liefde, baie oud geword het.

In sy kommentaar op die Galasiërbrief vertel die kerkvader Jerome dat Johannes reeds in sy negentigerjare was toe hy nog steeds in die stad Efese gepreek het.

Skynbaar was hy teen die tyd so oud en broos dat van die gemeentelede hom op ‘n draagbaar die kerk moes binnedra. Ook kon hy nie meer ‘n gewone preek hou nie. Terwyl hy op een elmboog geleun het, het hy net een sin kwyt geraak: My liewe kleine kinders, julle moet mekaar liefhe.” (“Little children, love one another.”)

Daarna het die mense hom weer die kerk uitgedra.

Volgens Jerome het die ritueel hom week na week afgespeel. En elke keer was dit dieselfde preek:“My liewe kleine kinders, julle moet mekaar liefhe.”

Moeg van die herhaling het die gemeente hom uiteindelik direk gevra:”Meester, waarom bly u oor en oor dieselfde sê?”

Waarop sy antwoord was:”Omdat die Here dit van ons verwag. En as ons dít kan doen, is dit genoeg.”

Johannes het inderdaad oor die jare en danksy sy Meester hierdie groot waarheid van die lewe goed leer ken.

Net soos van ons ook gevra word.

Here, U verwag van ons liefde teenoor almal. Laat ons U tog nie vandag hierin teleurstel nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed