Boodskap vir Vandag

Search

Jy, daar ver onder

’n Vermetele, ’n trotsaard word ’n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel – Spreuke 21:24 (1933/1953-vertaling).

Een van die dinge wat God haat, is wanneer mense hovaardig teenoor ander optree. Meerderwaardige mense spot ander dikwels sodat hulle beter oor hulleself kan voel. Aan die wortel van so iemand se meerderwaardigheid is dus juis ’n gevoel van minderwaardigheid – wat hy deur beterweterigheid, snedige opmerkings en fyn sarkasme probeer wegsteek.

In Jane Austen se roman Pride and prejudice verwys Mr Collins na die hoofkarakter, Elizabeth Bennet, se eenvoudige leefstyl teenoor dié van Lady Catherine de Bourgh en beklemtoon subtiel die feit dat hy ’n gereelde besoeker by laasgenoemde aan huis is. Hy kies sy woorde só dat dit na ’n blote nuusbrokkie lyk, maar tog hoor die leser die subtiele spog.

Sommige mense dink niks daarvan om ander openlik af te breek en met hulle te spot nie. Ons kinders raak gewoond aan televisiekarakters wat ’n sosiaal uitgeworpene verneder. Die hartseer kant daarvan is dat die spotters dikwels in leiersposisies is en boonop deur aandagsoekers aangepor en as “helde” voorgestel word.

Voordat ons egter vinger wys, kan ons gerus na onsself kyk. Maak ons nie soms ’n snedige opmerking teenoor ons huweliksmaat nie? Of dalk ’n lawwe, kwetsende grappie oor ’n vriend se voorkoms?

In Psalm 1:1 stel die psalmdigter diegene wat in die kring van die spotters sit teenoor dié een wat sy vreugde in die Here en sy Woord vind. Die selfvoldane spotters en goddeloses word uiteindelik soos kaf deur die wind verstrooi, terwyl die Here die regverdige op sy pad lei.

Here, ek wil nie in die kring van die spotters sit nie. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed