Boodskap vir Vandag

Search

Jy hoort hier!

By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: “Wat moet ons doen, broers?” (Handelinge 2:37).

‘n Ruk gelede het daar bykans ongemerk ‘n belangrike beweging met die interessante naam AHA ontstaan.

AHA verwys na ‘n ervaring van nuwe vryheid en insig wat mense gewoonlik met verbasing en groot entoesiasme vul en laat uitroep: “Aha!”

Hulle ook lus maak om iets positiefs en inspirerends te gaan doen. Iets wat ‘n verskil aan die lewe en stemming van ‘n hele gemeenskap kan maak.

Die beweging het ontstaan uit ‘n besorgdheid onder gelowiges oor die drie groot kwessies van ons land, te wete armoede, werkloosheid en ongelykheid. Die vraag was: Watter bydrae kan gelowiges maak om die nood hier te verlig? Want ons weet tog: As ons hier nie beter vaar nie, sal ons toekoms onseker bly.

Ons weet ook dat dit nóú die tyd vir gewone mense is om iets hieraan te doen. Om veral goeie stories hieroor te skep en te vertel.

Die visie is om binne die volgende paar jaar, soos met die groot volkskongresse van vroeër, indabas regoor die land te hou waar mense die kans kan kry om verhale te hoor, opinies te lug, nuwe lesse te leer – en veral gelei te word tot nuwe verbeeldingryke aksies en inisiatiewe. Trouens, die eerste indaba is reeds eerskomende Vrydag, 15 Mei, by die Universiteit van Wes-Kaapland.

Ons ken die beskuldiging dat die profetiese stem van gelowiges stil geword het. In AHA hoor ons goddank – en soortgelyk aan Handelinge 2:37 – ‘n nuwe ontwaking van hierdie belangrike stem en getuienis.

As gelowige hoort jy by dié, of ’n soortgelyke, beweging.

Here, dankie vandag vir bewegings soos AHA wat ‘n verskil aan ons land wil maak. Help my om vandag ook my bydrae te maak! Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed