Boodskap vir Vandag

Search

Jy kan verdrink in jou trane

Jesus vra haar toe: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” (Johannes 20:15).

Maria Magdalena, so lees ons in Johannes 20, huil met reg wanneer haar geliefde Jesus sterf.

So gee sy ook aan ons toestemming om ons emosies van verlies en verlange nie onnodig weg te steek of te onderdruk nie.

Ons mág treur. Ons mág toelaat dat ons emosies vloei wanneer ons swaarkry of ʼn geliefde verloor het.

Tog skuil daar ook ʼn gevaar hierin. Want jy kan, by wyse van spreke, verdrink in jou trane, toelaat dat jou smart jou so oorweldig dat jy jou uitsig en oordeelsvermoë verloor. Ook jou lus om verder te leef.

Dit is in ʼn mate wat met Maria Magdalena gebeur het. Verblind deur haar trane, sien sy nie meer die opgestane Heer by haar staan nie. Die donkerte sak soos ʼn groot kombers oor haar toe.

Natuurlik is ons elkeen se verlies uniek; niemand kan regtig die diepte van ʼn ander se smart peil nie. Nog minder voorskryf hoe hulle moet treur. Tog moet ons waaksaam bly om nie soos Maria Magdalena verblind en verlam te raak deur ons trane en hartseer nie.

Want sien, soos met haar, is Hy wat die dood oorwin het en wat al ons trane sal afvee deur sy Gees altyd naby aan ons.

Hierop kan, ja, moet ons bly vertrou.

Here, vergewe my as ek vasgeval het in my hartseer en vergeet het dat U alle trane sal afvee – én dat U die dood oorwin het. Lei my vandag weer en gee my u troos. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed