Boodskap vir Vandag

Search

Jy spring nie sonder my nie

Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken (Spreuke 17:17).

Twee vroue wat vir jare lank boesemvriendinne was, het op ‘n stadium tragies van mekaar vervreem geraak.

Dit het gegaan oor die een se egskeiding wat verdeelde lojaliteit en verwyte gebring het.

Etlike jare lank het dit ‘n groot kloof tussen hulle geskep.

Eintlik was dit totaal onnodig, want hulle was werklik geesgenote – mense wat mekaar ook nodig gehad het, maar té trots was om dit op daardie stadium te erken.

Tot die dag toe die één se man oorlede is en die ouderdom se broosheid en siekte albei méér hulpeloos en afhanklik gelaat het.

Toe het die een wat vroeër geskei is, haar trots in die sak gesteek. Sy het haar ou vriendin, die een wat haar man verloor het, gaan opsoek. En dit was ook net betyds. Want hoewel die vriendin haar met ope arms ontvang het, het sy op daardie stadium haar sin in die lewe verloor en aan akute depressie gely.

Byna elke dag het sy, tot ontsteltenis van die kinders, gedreig om van haar huis se balkon af te spring. Hoe die familie ook al gepleit het, die dreigemente het nie opgehou nie.

Totdat die vriendin haar op ‘n dag rustig meegedeel het: “Jy spring nie sonder my nie. As jy spring, gaan ek saam.”

En dit was die einde van haar donker planne.

Kennende die meelewende vriendin se skalkse humor, kon ek nie help om te glimlag nie. Haar nonchalante, maar eerlike manier, het my opnuut die waarde van lojale en egte vriendskappe laat besef.

Dit is vriendskappe wat die pyne van misverstand en vervreemding ken, maar wat ook weet hoe om dit te aanvaar – en dan deur dik én dun by die ander een staan.

Selfs sáám die kuil van die dood met die ander een betree.

Here, dankie vandag weer vir goeie vriende en vriendinne wat deur dik en dun by ons staan. Gee dat ons self so ‘n vriend of vriendin sal wees. Amen

Carel Anthonissen

Boodskap vir Vandag word finansieel moontlik gemaak deur die goedgunstige donateurs van Bybel-Media wat daarin glo dat die Woord van die Here deur verskillende mediums versprei moet word. Dit bereik daagliks reeds meer as 8 600 lesers.

As jy dalk Bybel-Media of die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit (wat die boodskappe se inhoud verskaf) wil ondersteun, besoek die Bybel-Media webblad  of die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit webblad.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed