Boodskap vir Vandag

Search

Kies om hoopvol te lewe

En die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het (Romeine 5:5).

Die afgelope naweek handel ‘n stil dag op Stellenbosch oor die boeiende tema: Ons toekoms – donkerte of hoop?

In dié verband word die deelnemers gevra om hulle gevoelens eerlik te konfronteer en neer te skryf.

Allerlei boeiende gedagtes en perspektiewe kom na vore.

Almal erken dat die toekoms in baie opsigte onseker en selfs donker is. Ook dat daar talle dinge is wat ‘n mens met wanhoop, frustrasie en selfs woede kan vul. Daar word egter saamgestem dat gelowiges nooit té lank hierby moet vertoef nie. Of erger nog, daarin moet vasval nie.

Want, só herinner die groep mekaar, ons leef steeds onder die belofte dat die God van Jesus Heer van die geskiedenis is. Dat daarom geen haar van ons hoof sal val sonder God se wete nie. En dat alles, ook die donker dinge, uiteindelik ten goede kán en sál meewerk.

Wie dít glo, kan en moet vandag weer doelbewus kies om hoopvol te gaan lewe.

Want die hoop, so herinner Paulus ons (Rom 5:5), beskaam nooit nie.

O Here, dankie dat U in beheer van alles is. Gee my daarom vandag weer die moed om te kies vir hoop. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed