Boodskap vir Vandag

Search

Kitaar

“Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak” – Matteus 5:14-16 (Die Boodskap).

In Adam Small se gedig “Kô, lat ons sing” pleit hy dat God sy woorde as digter soos kerse sal gebruik om lig te maak sodat elke leser daardeur sy of haar roeping sal raaksien.

Ons is ligmakers, ons moenie in die donker wegkruip nie. Die Here bemagtig ons met die “gereedskap” wat ons nodig het om ons roeping uit te leef.

Small stel Moses se roeping gelyk aan ons s’n. Moses het slegs ’n staf gehad waarmee hy die volk uit Egipte moes lei:

dit was al wat hy gehad het

hierie man van God

’n staf

’n dooie stok

en boenop het hy nog gahakkel ok

 

Small voel soos Moses onbekwaam vir sy taak. Nogtans deins hy nie terug nie:

hy [God] het gavra wat’s in my hand

en vrinne

in my hand was my kitaar

kô, lat ons sing

 

Here, ek is ook stom en onhandig en hakkelend. Dankie dat U my nogtans wil gebruik om lig te maak. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed