Boodskap vir Vandag

Search

Klatergoud

En dié derde sal Ek met vuur louter soos silwer gelouter word. Ek sal hulle suiwer soos goud gesuiwer word. Hulle sal My aanroep, en Ek sal hulle gebede verhoor. Ek sal sê: “Hulle is my volk.” En hulle sal sê: “Die Here is ons God” – Sagaria 13:9.

Wanneer geelkoper en sink gemeng word, het dit die bedrieglike glans van ware goud. Die oningewyde staar hom vas teen die vals skyn van gehalte en duursaamheid. Kort voor lank word hierdie glansende bladgoud egter pikswart. Dan weet jy: dít is klatergoud. Op die oog af eg en waardevol, maar met die dieper deurtastende blik oneg en waardeloos.

Die mense van Laodisea was bedrieglike klatergoud! Hulle het gedink hul Christenskap is opreg en hul getuienis kragtig. Maar in Openbaring 3:17-18 word hulle bestraf: “Julle sê: ‘Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,’ en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word.” Ons ken die uitdrukking: “Streef na goud.” Op alle terreine reik mense na die heel beste. Sport. Beroep. Persoonlike lewe. Ons mik altyd hoër. Dalk is dít wat ons as ’n edel doel beskou in werklikheid blote skyn.

Klatergoud.

Christus se diepste wens is dat ons die hoogste, suiwerste doel sal najaag. Vir dié wat enduit volhou en die wenstreep oorsteek, belowe Hy in Openbaring 3:21: “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit.”

Here, ek wil nie klatergoud najaag nie, maar saam met U op die troon van suiwer goud sit. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed