Boodskap vir Vandag

Search

Klein gebare kan ‘n verskil maak

Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed (Genesis 1:12).

Om ons eie aandeel aan die verwaarlosing van ons aarde en die toenemende ekologiese krisis te beskryf, word dikwels verwys na as mense se koolstofvoetspoor.

Dit is die talle wyses waarop ons – hetsy deur onnodige ritte of die oorgebruik van spuitmiddels – bydra dat ongesonde gasse in ons atmosfeer vrygelaat word, gasse wat die beskermende, maar brose, osoonlaag elke dag help aftakel.

Wie eenmaal hiervan bewus geword het, word dikwels deur ‘n gevoel van magteloosheid oorval. Jy besef skielik hoe onherroeplik jy deel is van groter kulturele en ekonomiese sisteme wat elke dag, meesal terwille van groter vooruitgang en geld, God se goeie aarde skend en oorbelas.

Tog mag hierdie gevoel ons nie daarvan weerhou om die aarde te bly respekteer en elke dag iets te doen om dit te help beskerm teen die baie maniere waarop dit misbruik en vernietig word nie.

Om mee te begin: Leer om ligte af te skakel, stap meer en ry minder – dit is boonop gesonder. Vermy te veel plastiek. En belangrik: Moenie mors nie. Ja, moenie jou gemors roekeloos uitgooi of rondstrooi nie. Hou die riviere skoon, die bome gesond. Hou op raas.

Dit mag klein gebare of gewoontes wees, maar wéét dat dit ‘n verskil aan ‘n volgende geslag se toekoms kan maak.

O Here, U het die aarde goed en mooi gemaak. Help ons om dit so te hou, ja, selfs nog meer te doen om dit te beskerm. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed