Boodskap vir Vandag

Search

Klop aan

Moenie by ’n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: ’n buurman wat naby is, is meer werd as ’n broer wat ver is – Spreuke 27:10.

Hierdie teksvers laat ’n mens weer nadink oor die belangrikheid van vriende wat al ’n lang pad saam met ’n mens kom. Salomo praat hier van ’n vriend wat al jou pa se vriend was, ’n familievriend wat jou en jou omstandighede dus deur en deur ken. Sy raad is betroubaar en jy kan op sy hulp staatmaak.

In Bybelse tye is baie klem op die belangrikheid van familiebande gelê. Wanneer Salomo die jong man aanraai om eerder by sy pa se vriend om hulp te gaan aanklop, wil hy die belangrikheid van deurleefde vriendskap beklemtoon. Ons hoef nie slegs by nabyfamilie daarna te soek nie.

Vir Salomo is vriendskap belangrik. Daarom skryf hy in Spreuke by herhaling oor die waarde van ’n goeie vriend: “Maats kan jou breek, maar daar kan ook ’n vriend wees wat nader is as ’n broer” (18:24), en: “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar” (27:17).

Die lojaliteit, opregtheid, betroubaarheid en absolute aanvaarding van ’n deurwinterde vriend is vandag skaars. Ons moet dit nie geringskat nie. Dieselfde eienskappe wat in Bybelse tye kenmerkend van ’n ware vriend was, geld steeds. Dit is ook die eienskappe wat Jesus uitgeleef het.

Jesus was reeds ons pa se vriend. En ons oupa s’n … Al ons gelowige voorouers s’n. Ons mag nie by Hom verbygaan wanneer ons in die nood is nie.

Here, leer my hoe om ’n ware vriend te wees. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed