Boodskap vir Vandag

Search

Kom binne

En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk – 2 Korintiërs 9:8 (1933/1953-vertaling).

Wanneer ons deur omstandighede platgeslaan is en dit moeilik vind om God te loof vir sy goedheid, kan ons met vaste sekerheid weet: God se genade is oorvloedig. Al voel dit asof alles van ons weggeneem is, is dit sy wil dat ons in alle opsigte volop kan hê. Boonop sluit die teksvers af met die woorde “… en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk”.

Dit klink vergesog. Hoe is dit moontlik wanneer terugslae ons tref? Ons dink dikwels dat ons eers moet wag dat ons omstandighede verander voordat ons iets vir ander kan beteken. Nee, ons kan reeds as verwondes ons hand na ander in pyn uitsteek. Daar is krag en genesing in verwondheid.

Wanneer ’n swaarkrymens haar aan God oorgee en toelaat dat Hy met haar werk midde-in haar pyn, word so iemand sag en toeganklik. Haar deernis nooi ander uit om hul seerkry te deel. Al die baie ure se dink en bid het wysheid gebring. Haar pyn kan nou ’n instrument van troos en beginpunt vir genesing van ander word.

God sal van ons rekenskap eis vir tye van voorspoed. Hy sal vra: “Wat het jy met al die goeie gedoen wat jy uit my hand ontvang het?” Ons sal ook van ons lyding en verliese rekenskap moet gee. God sal vra: “Wat het jy met jou pyn gemaak, my kind?”

Here, dit is ’n moeilike opdrag om U met my pyn te eer. Help my asseblief. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed