Boodskap vir Vandag

Search

Kom môre terug

Moenie ’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie – Spreuke 3:27-28.

In die bekroonde Amerikaanse skrywer Dara Horn se roman The world to come sê een van die karakters dat tyd eintlik net leë houers is wat deur dade van liefde en omgee en ware goedwees vir mekaar volgemaak word. Wanneer jy jou hand terugtrek en jou hulp weerhou, bly die houers leeg.

Tussen ons beweeg mense wat op die oog af gelukkig lyk. Hulle is goed versorg, glimlag, praat en gaan voort met hul dagtaak. Maar wanneer ons nader kom en regtig in hul oë kyk, sien ons kommer. Of pyn. Of diep hartseer.

Stevie Smith se treffende gedig “Not waving but drowning” sê iets hiervan. In die vinnige verby mekaar leef, verwar ons “drowning” met “waving”. Ons kyk bolangs. Ons dink iemand “waai” terwyl hy eintlik “verdrink”. Die ergste is dat ons terugwaai – en aanstap.

Thomas Fuller, 17de-eeuse Engelse skrywer en kerkman, skryf: “Twee dinge kry ons nooit weer terug nie: woorde wat uitgespreek is en kanse wat verspeel is.”

’n Paar jaar gelede het ’n haelstorm vrugteboere in die Ceresvallei se oeste vernietig. Sommige boere het feitlik al hul vrugte verloor. Een van die dorpenaars vertel dat hy nie geweet het wat om vir die boere te sê nie en bang was om een van hulle in die dorp raak te loop. Vandag weet hy dat ’n opregte handdruk genoeg sou wees.

Here, maak my sensitief vir ander se hartseer en vreugde. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed