Boodskap vir Vandag

Search

Kom saam en sien

Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien” (Johannes 1:30).

Die prentjie bly my by.

Van die dogtertjie wat langs die sypaadjie sit en pap eet. En die verbyganger wat onskuldig vra hoe dit smaak.

Waarop sy met ʼn frons op haar voorkop opkyk, die lepel in haar papbord steek en dit na hom toe uithou met die kinderlike versoek: “As jy wil weet, proe self.”

Die storie lig iets toe van die Engelse spreekwoord: “The proof of the pudding is in the eating.”

Baie van die hedendaagse kritiek op geloof en godsdiens gaan aan hierdie uitnodiging verby, ook aan die unieke uitdaging wat daarin opgesluit is. Dit probeer in die verbygaan, op ʼn vryblywende afstand, die waarde van geloof bepaal. Sonder om dit self te beproef. Sonder die waagstuk van betrokkenheid, van oorgawe, van daadwerklike navolging.

Wanneer Jesus sy dissipels in Johannes 1 uitnooi om saam met Hom te kom om te kyk waar Hy woon, is dit ook ʼn uitnodiging om self te kom proe. Om eerstehands sy woonplek, geselskap, nabyheid en werke waar te neem. Om proefondervindelik sy liefde vir mense te ervaar.

Daarsonder bestaan geloof nie … en daarsonder sal ons die bevrydende impak daarvan nooit ken nie.

Here, gee ons vandag die geloofsmoed wat nie alleen vrae vra nie, maar U daadwerklik volg en beter leer ken. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed