Boodskap vir Vandag

Search

Koop die tyd uit

En koop die tyd uit, omdat die dae boos is – Efesiërs 5:16 (1933/1953-vertaling).

Vroeër jare is slawe uitgekoop. Sodoende kon hulle as vry mense die geleentheid kry om die beste van hul lewe te maak. Om tyd uit te koop beteken ons moet aan ons tyd vlerke gee. Ons moet tyd sien as ’n nuwe moontlikheid, ’n geleentheid wat Christus aan ons skenk. En dan moet ons dit ten beste aanwend.

Alles wat ons wil doen, kos tyd. Selfs om die verkeerde dinge te doen. Dit kos tyd om niks te doen nie, deur winkels te drentel en sonder plan deur ’n dag te dwaal. Verlore tyd kan nooit weer ingehaal word nie. Dit is vir altyd verlore!

Om die wil van die Here te doen kos ook tyd. Die Bybel gee riglyne oor hoe ons ons tyd moet gebruik. Ons moet met God oor ons tydsbesteding gesels en by Hom hoor hoe ons ons tyd met wysheid kan bestee. Hy weet wat die beste vir elkeen van ons is vir ’n bepaalde situasie of tyd in ons lewe.

Ons kry gemiddeld 70 jaar tyd op aarde. Soms langer, soms korter. Ons moet leer om die tyd uit te koop en met wysheid te benut. Ons het net één lewe om Christus se opdragte uit te voer en sy liefde uit te leef daar waar ons woon, werk en speel. Jesus gee ons ’n afgemete tydsduur daarvoor.

Die besluit om dié tyd reg te benut lê in ons hande.

Here, leer my hoe ek my tyd tot u eer kan gebruik. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed