Boodskap vir Vandag

Search

Kyk binnetoe

Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen – Spreuke 4:23 (Nuwe Lewende Vertaling).

Op die Bybelskool-tuisblad skryf Chris van Wyk na aanleiding van die teksvers hierbo: “Hart het hier te make met jou gedagtes en jou binnewêreld, jou binnekant, die plek waar die onderskeiding gebeur tussen dit wat goed is en dit wat sleg is. In jou vertroue op God en in jou luister na Hom en in die inspanning om die regte pad te vind en daarop te hou, is daar miskien min dinge wat so belangrik is as om jou hart – jou kloppende binneste – bo alles te bewaar, om versigtig om te gaan met jou diepste oortuigings en motiverings.”

Om ’n kind op die pad van wysheid te begelei vra selfondersoek en verootmoediging voor God. Ek mag nie op my eie “kits”-wysheid staatmaak nie. Ek moet elke dag in diep afhanklikheid na God se wysheid soek.

Dikwels word ons onverhoeds deur ’n kind se optrede of woorde betrap sonder om eers ons reaksie of antwoord behoorlik te kon deurdink. Wanneer ons in afhanklikheid van God leef, sal Hy ons met sý wysheid vul sodat ons sal weet hoe om op te tree. Voordat ons ’n kind aanmoedig: “Wees versigtig met wat in jou hart aangaan,” moet ons seker maak dat ons ons eie hart elke dag ondersoek.

Eers dan mag ons vir ons kinders die woorde van Spreuke 4:4 (1933/1953-vertaling) vir hul lewenspad saamgee: “Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.”

Here, bewaar my hart bo alles. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed