Boodskap vir Vandag

Search

Kyk, luister en lewe

Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe (Jesaja 55:3).

Wanneer ons in ons eie angste en bekommernisse vasgevang raak, verloor ons maklik oog vir die groter prentjie van ons lewe.

Dit is dat ons lewe stééds in God se hande is, stééds deel is van God se plan met mense.

Regdeur hoofstuk 40 tot 55 is dit die gróót boodskap wat Jesaja aan sy moedelose volk wil bring, naamlik dat God steeds die geskiedenis beheer. Steeds aan die werk is ter wille van hulle.

Dat God selfs deur ‘n heidense nasie – Kores en sy opkomende Perse – hulle kan red en terugbring (Jes 44:28-45:1-7). En só sy belofte aan Dawid gestand doen. ‘n Belofte wat sê dat God hulle nooit sal vergeet nie (Jes 49:14-16). En dat God altyd aan hulle getrou sal bly (Jes 55:3).

Hulle moes alleen daarvoor wakker word (Jes 51:17), daarna begin luister (Jes 43:1; Jes 44:1; Jes 48:1-2) – én belangrik, met nuwe aandag kýk hoe God reeds nuwe dinge onder hulle laat gebeur (Jes 43:19).

Het jy dit miskien vergeet – God se woorde wat ook vandag vir jou bedoel is? Woorde wat lui: “Gee aandag en kom na My toe, luister en jy sal lewe” (Jes 55:3).

O Here, ons is dikwels so vasgeval in ons eie werk en sorge dat ons vergeet dat U ons geskiedenis lei en bepaal. Vergewe ons en maak ons meer opmerksaam vir U, sodat ons kan lewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed