Boodskap vir Vandag

Search

Kyk! ’n Vuurtoring!

Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde – 1 Johannes 1:5-7.

Die kinderboek Andries Anders handel oor ’n skaap, Andries Anders. Dié rooi-en-wit-gestreepte skaap besef hy is anders as ander skape en gaan op ’n reis om ’n plek te vind waar hy kan tuis voel. Sy reis bring hom by ’n rooi-en-wit vuurtoring op die punt van ’n skiereilandjie uit. Ons lees: “Andries verlaat die donker en sien ’n enorme toring. Dit het ’n draailig en dit lyk soos hy. ’n Vuurtoring. Andries verwonder hom aan die uitgestrektheid van die see en ruik die soutlug. Snags stuur sy groot nuwe vriend die vuurtoring sy strale vir hom en Andries se oë skitter.”

God is ons vaste baken – ons Vuurtoring in die donker wêreld. Sy draailig se strale bereik ons almal. Niemand word oorgeslaan nie. By Hom kom ons tuis ná ons swerftog deur die woestyn.

Here Jesus, dankie dat U die ware Lig is wat na die wêreld gekom het om ons hart en lewe te verlig. U verlig ook die donkerte in ons en wys vir ons die pad van wysheid wat ons moet stap. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed