Boodskap vir Vandag

Search

Kyk na die voëls

Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie, hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” (Matteus 6:26).

Ek het ʼn kollega wat my altyd hartlik groet met dié woorde:

“May the bluebird of happiness flap her wings a thousand times over you.”

In sy groet glim daar altyd ʼn bietjie luim, maar ook ʼn stukkie erns. Met sy groet, so het ek hom nog altyd verstaan, wil hy die eerlike hoop uitspreek dat my lewe altyd vol geluk en aangename verrassings sal wees.

Sy groet sinspeel op ʼn lied van die bekende tenoor Jan Peerce, “The bluebird of happiness”. In dié lied hoor ons onder meer hierdie woorde:

“If things don’t look so cheerful, just show a little fight. For every bit of darkness, there’s a little bit of light, for every bit of hatred, there’s a little bit of love … And so remember this, life is no abyss. Somewhere there’s a bluebird of happiness.”

Weliswaar is dié beeld van ʼn blou geluksvoël hoogs sentimenteel. Tog herinner die lied en my vriend se luimige wens ons aan belangrike waarhede. Die een is dat die lewe beslis nie ʼn donker afgrond is nie. En dat ons in tye van nood en onsekerheid gerus maar kan uitkyk vir God se verrassings in ons lewe.

Want God kan, soos Jesus ons herinner, selfs die wilde voëls van die veld gebruik om ons te troos en ons bekommernisse te besweer.

Here, dankie dat U ons nooit verlaat nie. Dat U veral in tye van nood naby ons is. En dat U selfs die voëls van die veld gebruik as herinnering dat U vir ons sorg. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed