Boodskap vir Vandag

Search

Kyk ver

Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters! – Psalm 29:3.

God gee perspektief. Wanneer ek verstrengel raak in allerlei dinge wat my aandag van my roeping aflei, vra God my om met die trappe tot heel bo by die punt van die vuurtoring te klim.

Van daar af kan ek ver sien. Ek besef weer my onbeduidendheid teenoor sy almag, sy alwysheid teenoor my “on”-wysheid. Ek staan nederig by die gedagte dat God my desondanks in sy koninkryk wil gebruik. Ek kry weer nuwe perspektief op my roeping.

Die see, onmeetlik groot en ontsagwekkend, word in die Bybel simbool van God se almag en heerskappy. Dwarsdeur die Skrif hoor ons die oeroue gedruis van die groot waters.

“Daar is die see, groot en wyd …” weerklink Psalm 104 in my ore waar ek heel bo-op die vuurtoring staan en my oë oor die waters laat gly. Saam met die ruising van die see waai ou bekende Skrifwoorde soos ’n soutvars seebries oor my.

Ek kyk na die skuimsoom van strandbrandertjies wat uitwaaier en weer suutjies terugtrek. Tussen skulpe en dryfhout lê ’n breë, nat sandstrook. Aan en aan en aan … God se belofte aan Abraham dat sy nageslag “so talryk soos die sterre en so baie soos die sand van die see” sal wees, sluit my in.

Hy hou my, ’n kleinste-klein sandkorreltjie, in sy hand. Sy belofte en seën geld ook vir my.

Skepper-God, dankie dat ek deel van u nageslag mag wees. Skenk my u wysheid om u seën te kan uitleef. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed