Boodskap vir Vandag

Search

Kyk verder

Paastyd is ’n tyd van teenstellings. Dit is die tyd waarin ’n mens teen jou ervaring en persepsie in leef. Die feit dat Jesus leef, herinner ons dat die dood, sonde en bose oorwin is. Die teenstelling is dat ons hierdie kragte steeds aan ons lyf ervaar. Ons troos en hoop lê in die waarheid dat dié kragte nie die finale sê het nie.

God het.

Ons praat altyd van die opstanding van Jesus, hoewel die meeste tekste van die “opwekking” praat. Die opwekking bring ons terug na die bron van ons bestaan, naamlik God. God wat skep, wek Christus uit die dood op. Dieselfde God herskep ook ons lewe deur die Gees.

Paastyd is eintlik ’n tyd van verder kyk, en nie ʼn tyd van vaskyk in dinge wat ons dink ons lewe beheer nie. Paulus se gebed in Efesiërs 1 is juis ’n gebed vir die geloofsgemeenskap om insig in die opwekking van Christus te kry.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.