Boodskap vir Vandag

Search

Laat ons die oë ophef

Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe … (Efesiërs 3:20-21).

Wanneer korrupsie en geweld toeneem, die ekonomie wankel, goeie maniere oorboord gaan en die norme vir beskaafheid begin uitrafel, voel ‘n mens as gelowige om méér dringend te bid dat God tog sy koninkryk spoedig sal laat kom.

Dat God die chaos daadwerkliker en sigbaarder sal opruim, sodat geregtigheid en liefde kan seëvier.

Miskien is dit die verkeerde gebed om in ons tyd te bid. So asof God nog niks gedoen het nie. Asof Christus se kerk verlam is en die gelowiges in onmag verval het.

En nou wag dat God asseblief weer moet toetree.

Miskien is die regte gebed om in sulke tye van krisis eerder te bid dat God ons sal wys waar sy koninkryk rééds deurgebreek het. Waar die kwade rééds bestry en uitgeroei is. Waar die goeie rééds besig is om pos te vat, liefde en vrede rééds floreer.

Want te midde van die wanorde, is dít ook waar: Die deurbraak van God se ryk vind reeds op allerlei opsigtelike en onopsigtelike maniere plaas, selfs al rapporteer die koerante daar bloedweinig van.

Ons moet alleen ons oë ophef en hierdie tekens van God se heerskappy, wat elke dag in en rondom ons is, met dankbaarheid herken en toejuig.

Spesifiek ook in ons eie konteks.

Here, dankie dat u koninkryk reeds onder ons is. Help ons om dit vandag weer met dankbaarheid te herken. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed