Here, God van Wysheid,
Help my om aandagtig te luister
Na U stem elke dag.
Laat my U woorde verstaan,
In verwondering drink en toe-eien,
En lei my paaie reg.
Ek wil soos Jakob by U staan,
Ek soek U seën onophoudelik,
Totdat ek U aangesig sien.
Wys my die pad van die lewe,
En laat my daarin volhard.
Amen.