Boodskap vir Vandag

Search

Leef vir mekaar

Daarom, aanvaar mekaar, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God – Romeine 15:7 (2020-vertaling).

Deur die eeue het gelowiges sekere tekste in die Nuwe Testament as praktiese riglyne gebruik in die uitlewing van hul naasteliefde binne die gemeenskap van gelowiges. Die tekste staan as die “mekaar-tekste” bekend. Mense wat hierdie opdragte deel van hul lewe maak, leef met wysheid.

Die essensie van elke mekaar-opdrag is liefde. Aanvaarding beteken liefde sonder voorwaardes. Dit is presies wat Christus met ons gedoen het. Hy het ons onvoorwaardelik aanvaar. Ons hoef nie eers ’n sekere standaard te bereik nie. Opregte liefde aanvaar voetstoots. Sonder meer.

William James, 19de-eeuse Amerikaanse filosoof, het gesê: “Die sterkste kenmerk van die menslike natuur is die smagting om waardeer en aanvaar te word.”

Aanvaarding laat jou gelief voel; nie vir wat jy doen nie, maar vir wie jy is. Wanneer ons met deernis na ander kyk, sien ons die goeie raak. Wanneer ons oordeel, sien ons gebreke raak.

Rona Rupert se kinderboek Nou wil almal sien vertel die verhaal van ’n seuntjie wat vir die eerste keer met ’n bril skool toe kom. Deur die onderwyseres se simpatieke hantering verander sy klasmaats se aanvanklike negatiewe houding in aanvaarding. Hulle beny selfs die klein brildraertjie en almal wil sy bril opsit om so goed soos hy te kan sien, waarop hy antwoord: “Dit is nie omdat ek goed kan sien nie; dit is omdat ek weet hoe om te kyk.”

Wanneer ons deur die bril van aanvaarding na mekaar kyk, sien ons mekaar in perspektief.

Here, help my dat ek ook sal weet hoe om na ander te kyk. Amen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed